fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus steun Ekurhuleni se voorstel dat aanhou van gevaarlike diere dringend op provinsiale vlak bespreek moet word

Die VF Plus in die Ekurhuleni-metroraad steun die metro se besluit om die aanhou van gevaarlike diere, veral in woongebiede, in oorleg met die metro se regsafdeling na die betrokke provinsiale departemente te verwys sodat die saak dringend bespreek kan word.

Gauteng het geen verordeninge wat regulering afdwing nie. In wese plaas die huidige verordeninge nie ‘n beletsel op die aanhou van eksotiese diere as troeteldiere in Gauteng nie.

Tiere is nie endemies aan Suid-Afrika nie en geen permit is in Gauteng nodig om hulle aan te hou nie. Dit is egter byvoorbeeld onwettig om 'n wilde, inheemse dier soos 'n leeu aan te hou.

‘n Permit is slegs nodig indien die diere vervoer word en daar is sekere vereistes waaraan voldoen moet word oor die aanhou van ‘n gevaarlike dier, veral een so groot soos 'n vleisetende tier.

Die wyse waarop gevaarlike diere aangehou word, word wyd bevraagteken nadat twee tiere die afgelope ruk uit aanhouding ontsnap het.

In die jongste voorval is ‘n tier Maandagoggend op kringtelevisie in Edenvale gewaar. Dit is nie seker of dié tier al gevang is nie.

Die VF Plus het sy wetgewerlede versoek om die opstel van ‘n provinsiale wet en regulasies dringend met die Gautengse wetgewer op te neem om die aanhou van gevaarlike, uitheemse en bedreigde spesies te reguleer.

Die VF Plus, as diereliefhebber, wil met die stappe nie net menselewens beskerm nie, maar ook omsien na die welstand van die diere.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.