fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus dien strafregtelike klagte in teen munisipale werkers wat munisipale dienste ontwrig

Die VF Plus het strafregtelike klagte by die polisie ingedien teen die voorbokke wat die munisipale werkers van die Thabazimbi-plaaslike munisipaliteit aanhits om aan onwettige protesaksies deel te neem.

Munisipale werkers het gister voor die munisipale kantore betoog oor oortydbetaling. Dit was die tweede protesaksie binne drie weke.

Die vermoede bestaan egter dat munisipale werkers vir politieke doeleindes misbruik word en dat die protes nie soseer gaan oor oortydbetalings nie.

Hierdie tipe optrede van munisipale werkers ontwrig dienslewering aan inwoners wat ten duurste daarvoor betaal en dit moet stopgesit word.

Die VF Plus sal toesien dat die organiseerders van hierdie protesaksies verantwoordelik gehou word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.