Die VF Plus in Heidelberg betuig hiermee se medelye met die familie van mev. Cilla Baleta wat deur gifgasse in haar huis oorval is wat vermoedelik deur ‘n kragopwekker veroorsaak is.
Die oorledene en haar man, mnr. George Baleta, het saam in die Suikerbosoord-diensentrum gewoon.
Mnr. Baleta is in ‘n ernstige toestand in ‘n plaaslike hospitaal opgeneem. Hy is intussen ontslaan en sterk by sy dogter aan.
Die kragopwekker is gebruik aangesien die Lesedi-munisipale gebied (Heidelberg, Ratanda, Devon, Vischkuil), vandeesweek soos elders erg deur beurtkrag geraak is.
Luidens berigte het die egpaar se dogter gesukkel om haar ouers per telefoon in die hande te kry en sy het die sentrum gevra om ondersoek in te stel
Die VF Plus besoek die Suikerbosoord-dienssentrum gereeld om munisipale probleme by die tehuis te help oplos. Die party is ook betrokke by projekte om die lewensgehalte van bejaardes te verbeter.
Die tehuis se inwoners lê die VF Plus na aan die hart en die party sal die familie onderskraag in dié tyd van hartseer.
Navrae: 072 547 0481