fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Vervang ANC om Suid-Afrika te red

"Alles waaraan die ANC-regering sedert 1994 geraak het, is besmet," het Dr Corné Mulder, VF Plus-parlementêre hoofsweep gesê.

Mulder het Dinsdag tydens 'n debat in die parlement, oor die toestand van Suid-Afrika, daarop gewys datiInstellings, munisipaliteite en diens stort in duie.

"Daar is nie ‘n enkele suksesverhaal nie. Dit sal net verander as die ANC by die stembus verslaan word.

"Die ANC self stem in hierdie laat stadium nie eens saam oor wat fout is met Suid-Afrika en of daar wel fout is nie.

"Parlementslede van die ANC sê daar is absoluut niks fout met die land nie. Alles is perfek en daar is geen probleem nie. In teenstelling daarmee sê die president van die land, Cyril Ramaphosa, in Duitsland presies die teenoorgestelde.

"Ramaphosa sê daar was ‘n sigbare agteruitgang in Suid-Afrika oor die laaste nege jaar, ‘n agteruitgang in regering, ‘n verswakking van staatsinstellings, ‘n toename in korrupsie en werkloosheid (waarvan vandag se syfers van Statistiek Suid-Afrika (SSA) getuig), ‘n gebrek in groei en misdaad is buite beheer.

"Daar is niks waaraan die ANC sedert 1994 geraak het wat nie ‘n omdraai-strategie nodig het om reg te ruk nie. Die ANC moet ‘n enkele ding noem wat in hul hande beland het wat nie afgebreek is en herstel nodig het nie.

"Rassisme neem by die dag toe, vakbonde orkestreer daaglikse onbeskermde stakings, daar is landwye dienslewering-protesaksies, munisipaliteite en dienslewering stort in duie.

"In dié verband gee Suid-Afrika se Grondwet ‘n goeie aanduiding van wat verkeerd gegaan het in die land. Artikel 83(c) sê duidelik die president van die land moet eenheid en nasiebou bevorder tot voordeel van die hele land.

"Sedert 1994 het die president van die land egter net probeer om eenheid in die ANC te bewerkstellig te koste van die res van die land.

"Die slotgedeelte van die tussentydse Grondwet sluit sterk hierby aan. Dit lui wat nodig is in Suid-Afrika is wedersydse begrip en nie wraak nie. Tog vier wraak hoogty. Daar moet herstel wees en nie vergelding nie. Ubuntu en nie viktimisering nie. Tog ervaar ons daagliks die gevolge van vergelding en viktimisering. Veral teenoor minderheidsgroepe.

"Die regerende party het klaaglik misluk en die land en sy mense gefaal. Daar is net een manier om dit reg te stel, en dit is om van die ANC ontslae te raak en te vervang met ‘n koalisie van pragmatiese opposisiepartye wat saamwerk om Suid-Afrika op die pad van herstel te plaas," het Mulder gesê.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.