Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Veelparty-vennootskap stuit Limpopo-verkeersbedrog

"Die inhegtenisneming vandag van ‘n amptenaar by die Mookgophong-verkeersdepartement in Limpopo dien as voorbeeld oor hoe veelparty-regerings effektief kan funksioneer," sê Marcelle Maritz, VF Plus-leier in Limpop

Die VF Plus verwelkom die optrede waarin die amptenaar in hegtenis geneem is op ‘n aanklag van bedrog.

Maandag het ‘n ander verkeersamptenaar bedank weens sy beweerde betrokkenheid by korrupsie en bedrog by dieselfde kantoor. Geen klagtes is nog teen dié amptenaar aanhangig gemaak nie.

"Die ingryping is ‘n oorwinning vir die inwoners van Mookgophong"

Die klagte hou verband met die onwettige uitreiking van lisensies.

Dié verwikkelinge volg ná ‘n versoek van die veelpartyraad in die munisipaliteit, wat die VF Plus insluit, vir ingryping deur die teenkorrupsie-eenheid van Limpopo se verkeersdepartement om gerugte van bedrog en korrupsie by die kantoor te ondersoek.

"Die beweerde bedrog het daartoe gelei dat regstellende prosedures en maatreëls geïmplementeer moes word.

"Dit het die proses om lisensie-aansoeke af te handel, laat sloer en die kantoor van die verkeersdepartement is gevolglik onlangs deur ontevrede inwoners aan die brand gesteek.

"Die ingryping is ‘n oorwinning vir die inwoners van Mookgophong en veelparty-regerings wat verseker dat korrupte amptenare nie hul politieke-konneksies misbruik nie.

"Die VF Plus bedank die ondersoekeenheid en sy veelparty-vennote vir dié vinnige optrede. Die party is verbind tot skoon regering en sal nie skroom om op te tree teen die plundering van die munisipaliteit nie," sê Maritz

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.