fbpx
Vryheidsfront Plus

Veelparty-regering van Johannesburg, waarvan die VF Plus deel is, boikot SALGA

Die veelparty-regering van Johannesburg, waarvan die VF Plus deel is, het met hul jongste raadsvergadering volstrek geweier om die  jaarlikse lidmaatskapfooi van R14 miljoen aan die South African Local Government Assosiation (SALGA) te betaal .

Die veelparty-regering voer aan SALGA is sedert 2009 nie deur die Ouditeur-Generaal geoudit nie en daarom is daar waarskynlik min of geen beheer oor dié organisasie se geldsake.

Die VF Plus is besorg oor die voormalige burgemeester van Johannesburg en huidige voorsitter van SALGA, Parks Tau, se vergoedingspakket van R3 miljoen per jaar.

"Daar is vasgestel dat 55% van SALGA se jaarlikse inkomste vanaf munisipaliteite landswyd aan personeel se salarisse spandeer word," sê Franco de Lange, VF Plus-raadslid en lid van die veelparty-regering in die Johannesburg-metroraad

"Elke munisipaliteit of metroraad is ook net geregtig op een stem op die uitvoerende liggaam van SALGA, ongeag van hoe groot die munisipaliteit of metroraad se bydrae is. 

"Die veelparty-koalisie is dit eens dat die ondersteuning en dienste wat hulle van SALGA ontvang, nie die geld werd is nie.

"Die VF Plus ondersteun hierdie besluit ten volle en is beslis nie bereid om die ANC verder te verryk nie," sê De Lange.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.