Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Veelparty-koalisieregering in Tshwane, waarvan VF Plus deel is, spog met omkeer-prestasie

Die Tshwane-metroraad, wat deur koalisiepartye waarvan die VF Plus deel is regeer word, het dié stad se finansies in so ‘n mate omgekeer dat hy nou met ‘n surplus van R295 miljoen spog.

Tshwane se metroraad het gister (Donderdag 31 Januarie) sy 2017/18-finansiële jaarverslag bekend gestel.

‘n Merkwaardige mylpaal is die opgradering van die metro se kredietgradering met twee vlakke. Moody's het op 6 Desember 2018 aangekondig dat die stad se kredietgradering met twee vlakke verhoog van A1.za na Aa2.za.

Die opgradering was onder meer te danke aan die verbetering van dalende skuld en stygende likiditeit. Volgens Moody's, het die metroraad se administrasie en bestuurspraktyke verbeter. Die opgradering beteken die metroraad sal in die toekoms potensieel laer rente vir lenings kan beding, wat groot besparings tot gevolg sal hê.

Die jaarsverslag het ‘n ongekwalifiseerde opinie van die Ouditeur-Generaal (OG) ingesluit rakende die finansiële resultate vir die tydperk, asook verskeie prestasie aanwysers.

Nog belangrike punte in die jaarverslag is: 

"Hoewel  goeie vordering gemaak is, is daar steeds talle sake wat dringende aandag verlang. Die VF Plus is veral bekommerd oor die debiteure wat steeds teen ‘n skrikwekkende koers groei, en tans staan op R12,45 miljard. Die metro slaag nie daarin om gelde van gebruikers suksesvol in te vorder nie," sê Awie Erasmus, VF Plus-raadslid en voorsitter van Openbare Rekeningekomitee in die Tshwane-metroraad

"Die VF Plus gaan deur middel van die openbare rekeningekomitee, kontrolestelsels in plek stel om te verseker dat die stad op ‘n meer effektiewe wyse bedryf word. VF Plus sal ook help om verskeie departemente se oorsigfunksie te organiseer om beter aanspreeklikheid te bewerkstellig," sê Erasmus.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.