fbpx
Vryheidsfront Plus

Tshwane-metro doelgerig om dwelmmisbruik onder jeug te bekamp

Die VF Plus, as deel van die koalisieregering in die Tshwane-metroraad, is doelgerig om dwelmmisbruik onder die jeug in die metro te bekamp en uit te roei en het daarom dié week besoek gebring aan die Prosperitus Sekondêre Skool en die Laerskool PS Fourie in Eersterus.

Die doel was om leerders bewus te maak van die gevare wat verband hou met dwelmmisbruik.

Dié besoek is ‘n uitvloeisel van die metro se dwelmaksiekomitee wat op 26 Julie vanjaar gestig is.

Die komitee is ‘n koördinerende meganisme om alle hulpbronne effektief te benut om dwelmmisbruik te beveg.

‘n Uitreikprogram soos dié in Eersterus sal in al sewe streke van die Tshwane-metro ingestel word.

Die metro het tydens die uitreikprogramme erken dat volgehoue pogings nodig is om die verspreiding van dwelms, veral onder die jeug effektief te bekamp.

Die toename in tiener-selfmoorde wat verband hou met dwelmmisbruik is ook kommerwekkend.

Die gesondheidsdepartement sal tesame met skool-uitreikprogramme voortgaan met ingrypingmaatreëls wat fokus op dwelm- en dwelmmisbruik-ondersteuningsprogramme onder die jeug.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.