Dit blyk dat president Cyril Ramaphosa die omstrede Bela-wet Vrydag (13 September) wel gaan onderteken.
Hierdie wet is omstrede omdat dit die bevoegdheid om oor skole se taal- en toelatingsbeleid te bepaal, in die hande van provinsiale onderwysdepartemente plaas.
Die wet is ondeurdag en gaan tot onnodige onsekerheid en dispute lei oor reeds duidelik vasgestelde regte en verpligtinge met betrekking tot basiese onderwys.
Verder word die erkenning van die reg tot tuisonderrig deur burokratiese vereistes ondermyn.
Die wet is voor die verkiesing op ‘n oorhaastige wyse deur die parlementêre proses gejaag. Die feit dat elektroniese onderwysmodelle glad nie deur die wet genoem word nie, maak dit verouderd nog voordat dit geteken is.
Die VF Plus benut sy posisie in die regering van nasionale eenheid (RNE) om die nodige druk uit te oefen om die president te oortuig om eerder die ondeurdagte wet na die parlement terug te verwys vir die nodige wysigings en verbeteringe.