fbpx
Vryheidsfront Plus

Tariefverhogings sal geen verskil aan beurtkrag maak nie – Gordhan

Selfs die reuse verhoging in kragpryse vir aanstaande jaar waarvoor Eskom aansoek gedoen het, sal geen verskil aan beurtkrag maak nie.

Dit was vandag die reaksie van die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, in antwoord op ’n vraag van die VF Plus oor die aangeleentheid.

Die VF Plus het dit aan die minister gestel dat gewone Suid-Afrikaanse kragverbruikers nou moet pa staan vir die foute van die ANC en dat hulle die onbevoegdheid en bedrog by Eskom moet subsidieer.

Min. Gordhan het gesê beurtkrag sal nog ’n geruime tyd met Suid-Afrikaners wees en het ’n tydsduur van nege tot twaalf maande in die vooruitsig gestel.

Hy het gesê enigiemand wat dink daar is ‘n ‘kitsoplossing’ vir die land se kragprobleme en beurtkrag moet “weer dink”.

Uiteindelik sal beurtkrag eers ophou wanneer daar genoeg krag opgewek word, aldus min. Gordhan.

Hierdie antwoord van die minister wys duidelik op die ongevoeligheid van die ANC-regering teenoor die belastingbetalers van Suid-Afrika.

Dit wil voorkom of die regering net geen begrip het vir die las van die gewone gebruiker nie.

Dit is net so onaanvaarbaar dat die minister die eindelose reddingsboeie van miljarde rande oor baie jare nou slegs voor die deur van staatskaping wil lê.

Dit is veel eerder ’n kombinasie van verskeie faktore soos regstellende aksie (RA), swart ekonomiese bemagtiging (SEB), kaderontplooiing en die gevolglike onbevoegdheid en korrupsie wat daaruit voortgespruit het. Staatskaping is deel daarvan.

Nou word daar van gewone Suid-Afrikaners verwag om net aan te hou gee en gee om vir hierdie ANC-brousel te betaal.

Die VF Plus is van mening dat die publiek nie veel waarde moet heg aan die minister se siening dat die land se kragprobleme oor ’n jaar iets van die verlede kan wees nie.

Waar die ANC-regering by iets betrokke is, is dit tewens moeilik om te sien dat dit nie verder agteruit kan gaan nie.

Die enigste blywende oplossing is om die regering te vervang, en 2024 sal daardie geleentheid bied. Suid-Afrika verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.