fbpx
Vryheidsfront Plus

Burgemeester van Polokwane het geen plan om voortslepende waterkrisis op te los

Die burgemeester van die Polokwane-plaaslike munisipaliteit (Pietersburg), mnr. John Mpe, het geen plan op die tafel vir die voortslepende waterkrisis nie.

Vir die munisipaliteit en Lepelle Northern Water (LNW) om bloot die skuld te pak op beurtkrag, is net ‘n manier om hul verantwoordelikhede te ontduik en hul onbevoegdheid te probeer verbloem.

Die huidige waterkrisis is veroorsaak deur die ANC-beheerde munisipale raad wat geen gevolgebestuur toepas nie en die wanbestuur van die LNW.

Die munisipaliteit se nalatigheid om vervalle waterinfrastruktuur betyds te vervang of te herstel, is een van die groot oorsake vir die huidige krisis.

Soos in die geval van baie ANC-beheerde munisipaliteite word daar gewag tot alles vernietig is voordat krisisbestuur toegepas word. Van vooruitbeplanning is daar geen sprake nie.

Die 35 watertenkwaens wat die munisipaliteit gebruik om inwoners van water te voorsien, is onvoldoende, oneffektief en kos die munisipaliteit miljoene om in bedryf te hou.

Baie inwoners is nie tuis wanneer die watertenkwaens in hul woonbuurte is nie en veral ouer mense sukkel om water te gaan haal.

Geld wat bestee word aan watertenkwaens, kan beter aangewend word deur Polokwane se vervalle waternetwerk op te knap.

Hierdie is opnuut ‘n bewys van ‘n ANC-beheerde munisipaliteit wat nie inwoners se belange op die hart dra nie en belastingbetalersgeld wanaanwend.

Die VF Plus het op 22 September ‘n klag by die menseregtekommissie (MRK) ingedien om hierdie humanitêre krisis wat op Pietersburg uitspeel, te ondersoek.

Pietersburg verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.