fbpx
Vryheidsfront Plus

Suid-Afrikaners moet insette kan lewer oor internasionale gesondheidsverdrag

Suid-Afrikaners moet die geleentheid kry om insette te lewer oor ‘n internasionale gesondheidsverdrag oor pandemievoorkoming en paraatheid deur lidlande van die Wêreld-gesondheidsorganisasie (WGO).

Die parlementêre portefeuljekomitee oor gesondheid het gister in Kaapstad met ‘n afvaardiging van die Europese parlement vergader oor die wenslikheid van só ‘n verdrag.

Die VF Plus het reeds in Mei 2022 verskeie vrae oor die moontlike verdrag aan die minister in die presidensie, Mondli Gungubele en gesondheid, dr. Joe Phaahla, hieroor gerig.

Dit was nadat dit aan die lig gekom het dat die Suid-Afrikaanse regering deel is van die onderhandelinge en dat hy ook ‘n medeondertekenaar van so ‘n verdrag sal wees.

Lidlande van die WGO is tans besig om sekere maatreëls neer te lê in die beheer en bekamping van toekomstige pandemies.

Die VF Plus het tydens gister se vergadering met ‘n afvaardiging van die Europese parlement dit duidelik gestel dat die sinnelose Covid-19-inperkings in Suid-Afrika uiters nadelige gevolge vir die publiek gehad het.

Die parlementêre oorsigproses was as gevolg van die ramptoestand totaal en al afgewater en korrupsie het hoogty gevier.

Die VF Plus het ook beklemtoon dat gewaak moet word teen swak besluite en foute wat tydens die pandemie gemaak is en om dit nie te herhaal nie.

Alle lidlande van die WGO moet ernstig oor so ‘n verdrag besin. Dit kan immers gevaarlik wees om te swaar op die ANC se insette te leun.

Dit is veral belangrik dat die Suid-Afrikaanse publiek die geleentheid gegun word om insette te lewer oor ‘n internasionale gesondheidsverdrag van die WGO wat die regering namens hulle onderteken.

Daarom is dit belangrik dat alle besonderhede van die verdrag bekend gemaak word.

Daar kan nie weer ‘n situasie toegelaat word waar die regering alle mag, soos tydens die Covid-19-ramptoestand, oor die Suid-Afrikaanse publiek het en sinnelose, drakoniese regulasies uitvaardig nie.

Artikel 231 van die Suid-Afrikaanse Grondwet stel dit duidelik dat enige internasionale verdrae eers bindend is nadat die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies dit goedgekeur het.

Aangesien die regering nie meer met ramptoestande of gesondheidsregulasies vertrou kan word nie, moet die regering die regte roete volg met ‘n openbare deelnameproses.

Die VF Plus sal in die portefeuljekomitee oor gesondheid daarop aandring.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.