fbpx
Vryheidsfront Plus

Suid-Afrika verenig teen pres. Jacob Zuma

Suid-Afrikaners van alle rasse en groeperinge het vandag in hul duisendtalle regoor die land, en selfs op plekke oorsee opgeruk om ‘n harde eenheidsboodskap aan pres. Jacob Zuma en die ANC te stuur dat die korrupte leierskap van die president nie langer geduld sal word nie, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Dr. Groenewald het deelgeneem aan die optog vanaf Kerkplein na die Uniegebou in Pretoria. Die optrede is gereël deur SaveSA.

Volgens dr. Groenewald is dit duidelik dat die ontevredenheid teenoor pres. Zuma en die ANC besig is om Suid-Afrikaners oor kleur- en politieke grense heen te verenig.

“Die burgers van Suid-Afrika het vandag in vrede en harmonie byeengekom in ‘n reuse vertoning van solidariteit wat die sein hard en duidelik na die regerende party sal uitstuur dat die president nie meer welkom is nie.

“Hierdie eenheidsgebaar sal in momentum groei en almal in die ANC sal weldra moet begin raaksien dat pres. Zuma besig is om nie net die land nie, maar ook die ANC, te vernietig.

“Die boodskap van die VF Plus is dat dit tyd geword dat die regeringstelsel verander. Tans laat die stelsel toe dat een man en een party al die mag het en dit misbruik. Suid-Afrika moet ‘n federale stelsel kry waar die president beperkte magte het en die mense meer seggenskap in hulle eie sake verkry.

“Die regering van die land se maatstaf moet wees wat in die beste belang van sy mense is gegrond op meriete, en die aanwending van sy belastinggeld vry van korrupsie.

“Vandag se boodskap van alle deelnemers en organisasies met polities uiteenlopende beleidstandpunte is dat daar eensgesindheid moet wees oor die noodsaaklikheid van ekonomiese groei en dat die land korrupsievry en veilig moet wees vir al die mense wat in hom woon,” sê dr. Groenewald.

 

Kontaknommers: 083 626 1497 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.