fbpx
Vryheidsfront Plus

Suid-Afrika se lae sakevertroue-indeks verder geknou deur koronavirus

"Die Suid-Afrikaanse regering se onvermoë om noodsaaklike ekonomiese hervorming deur te voer, het die sakevertroue in die land se ekonomie verder laat daal," sê Jaco Mulder, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van handel en nywerheid.

"Volgens die Rand Aksepbank (RAB) en die Buro vir Ekonomiese Ondersoek (BEO) se indeks vir die eerste kwartaal van 2020, het sakevertroue in die konstruksiebedryf, vervaardiging en kleinhandel gedaal terwyl die verwagte verlangsaming wat internasionaal deur die Covid 19-virus veroorsaak kan word, die Suid-Afrikaanse ekonomie, wat reeds in ‘n resessie verkeer, nog verder knou.

 

"Dié negatiewe sentiment word verder aangevuur deur onder meer beurtkrag, reddingsboeie aan die SAL, swak beleidsvoorstelle oor die Nasionale Gesondheidversekering en die regering se voorneme om voort te gaan met die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak."

 

"President Cyril Ramaphosa gaan noodgedwonge die ideologies gedrewe ANC-beleidsrigtings moet vervang met gesonde beleidsrigtings wat Suid-Afrika se ekonomie kan red en werkgeleenthede kan skep," sê Mulder.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.