fbpx
Vryheidsfront Plus

Skuldprobleme kortwiek Rustenburg-begroting

"Rustenburg-plaaslike munisipaliteit se pas goedgekeurde begroting is nutteloos indien die munisipaliteit se agterstallige skuld nie dringend ingevorder word nie," sê De Wet Nel, VF Plus-raadslid in die Rustenburg-plaaslike munisipaliteit.

Die begroting van sowat R4.78 miljard vir die 2018/2019-finansiële jaar beslaan ook kapitale projekte van R829 miljoen.

Die kapitale investering in munisipale infrastruktuur is nodig, maar die bestaande infrastruktuur moet in stand gehou en sonder verwyl opgeknap word.

"Paaie, riool- en waterinfrastruktuur in Rustenburg is in 'n jammerlike toestand en kundigheid en gefokusde bestuur daarvan is nou meer nodig as ooit.

"Die algehele onvermoë van die munisipale bestuur en amptenare om hul werk binne die beperkings van die begroting te doen, is 'n verdere bron tot kommer. Die wesenlike verskille tussen die begrote syfers van die vorige finansiële jaar en die werklike invordering en besteding vir dieselfde tydperk bevestig hierdie probleem.

"Die ANC-regering het telkemale gewys dat hulle nie daartoe in staat is om behoorlik op plaaslike regeringsvlak te bestuur nie, en Rustenburg is geen uitsondering nie.

"Die salarisrekening van sowat R746 miljoen vir die komende boekjaar moet heroorweeg word en die personeelstruktuur van die munisipaliteit moet vaartbelyn gemaak word met die fokus op kwaliteit dienste in stede van werkskepping deur die staat.

"Die munisipaliteit is afhanklik van belastingbetalers en dienste moet binne 'n redelike en realistiese begrotingsraamwerk gelewer word," sê 

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.