Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Skoolreëls en kultuur is selde neutraal

Die toepassing van skoolreëls wat vir alle leerlinge geld is die naweek by die Hoërskool Hopetown in 'n rassevoorval omskep toe ‘n leerder se selfoon afgeneem is toe sy dit nie by haar mag gehou het nie en haar broer toe op sosiale media die skoolhoof van rassisme beskuldig het, sê dr. Wynand Boshoff, leier van die VF Plus in die Noord -Kaap.

“Die probleem word vererger wanneer 'n skool uit duidelik onderskeibare groepe bestaan. Die oortreder kan maklik voel dat daar teen hom of haar, nie as individu nie, maar as deel van 'n groep opgetree word.

“Die opruiende taal wat die seun in sy video en die byskrif gebruik, is daarop gemik om die skoolgemeenskap te polariseer. Dit bemoeilik enige poging om die saak onpartydig te ondersoek.

'n Kompliserende faktor wat al in 'n akademiese studie oor skole in die omgewing na vore gekom het, is die uiteenlopende, maar diepgewortelde verskille in skoolkultuur tussen die twee hoërskole wat Hopetown bedien

“'n Mens is geneig om as't ware blind te wees vir die skoolkultuur waarbinne jy groot geword het. Ervarings in 'n ander skoolkultuur word dan as diskriminerend ervaar, terwyl dit glad nie so bedoel is nie.

 "Internasionale akkoorde rakende die regte van minderhede, wat ook deur Suid-Afrika onderteken is, lê daarop klem dat minderheidsgroepe op selfstandige onderwys kan aandring. Dit behoort ook deur die staat befonds te word.

Die VF Plus sien die tyd naderkom dat Afrikaners op hierdie internasionale reg moet aandring,” sê dr. Boshoff.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.