fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Skisofreniese ANC se beplande optog teen homself oor e-tol onderskat die kiesers

"Die ANC se besluit om ‘n optog teen homself te hou teen onder meer e-tol deur op te ruk na die Uniegebou in Pretoria, is tekenend van ‘n party wat verval het in ‘n ernstige toestand van skisofrenie en ‘n ongesonde onderskatting van die intelligensie van kiesers," sê adv Anton Alberts, VF Plus-voorsitter.

"Die optog teen homself sal die kiesers nie oortuig dat dit wel die ANC was wat e-tol ingestel het teen die wense van Gautengers nie en nog minder dat die ANC uiteindelik vrywilliglik die e-tolstelsel sal afskaf.

"Die minister van finansies, Tito Mboweni, het dit baie duidelik gemaak tydens die aanvullende begrotingstoespraak dat die e-tolstelsel hier is om te bly. Die ANC het dus sy vlag in die grond geplant oor die kwessie en die Gautengse ANC se optog gaan nie enige persepsies wysig dat die ANC die vark in die verhaal is nie.

"Daar is ‘n goeie kans dat minister Mboweni met sy besluit oor e-tol die ANC in Gauteng verdoem het tot ‘n verkiesingsuitslag van onder 50% wat hom sal noop om koalisie-vennote te neem om te oorleef indien hy gewilliges kan vind.

"Dit skep natuurlik ook ‘n geleentheid vir die opposisie om moontlik hul eie koalisie te skep en die provinsie se bestuur oor te neem.

"Die VF Plus bly gekant teen die e-tolstelsel en is gereed as die vierde grootste party in Gauteng om as deel van ‘n toekomstige opposisie-koalisie die provinsiale regering oor te neem en formeel ‘n dispuut met die nasionale regering oor die e-tol te verklaar," sê Alberts.

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.