fbpx
Vryheidsfront Plus

Selebano gaan nie vervolging vryspring nie

Met die aankondiging dat die geskorste hoof van die Gautengse gesondheidsdepartement, Barney Selebano, bedank het, het die VF Plus dit baie duidelik gemaak dat mnr. Selebano nie vervolging sal vryspring nie, sê Philip van Staden, VF Plus-LPW in Gautengse wetgewer.

 “Mnr. Selebano sal na afhandeling van die Esidimeni-arbitrasieverhoor aan die pen ry vir die afsterwe van psigiatriese pasiënte. Die VF Plus wil dit duidelik maak dat Selebano nie gaan wegkom vir sy aandeel in die Esidimeni-tragedie nie.

"Selebano het tydens die verhoor verantwoordelikheid aanvaar vir die tragedie wat onder sy vaandel plaasgevind het. Hy toe self gesê indien so 'n tragedie onder jou leierskap gebeur, jy nie mag wegstap nie. Dit wat hy nou doen deur te bedank. Hy volg nie sy eie raad nie.

“Die VF Plus is ook van mening dat die Gautengse premier, David Makhura, nie Selebano se bedanking moet aanvaar nie, anders lyk dit of die premier ook sake wil toesmeer.

 "Die premier het die mag om die departementshoof aan te stel of 'n bedanking te aanvaar.

Indien hy Selebano se bedanking aanvaar, is hy as premier net so aandadig aan toesmeerdery en maak hy hom nog verder oop vir vervolging.

“Die VF Plus ruik 'n vieslike rot en die party sal nie rus alvorens almal wat by die saak betrokke was aan die pen ry nie.

“Die VF Plus sal sy klagtes inhandig by die toepaslike owerhede na afhandeling van die arbitrasieverhoor,” sê Van Staden.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.