fbpx
Vryheidsfront Plus

Samewerking tussen owerhede en inwoners kan onwettige vullisstorting in Tshwane-metro beperk

Daar is 'n groot toename in die onwettige storting van vullis in die landelike gedeelte van die Wes-Moot-gebied in die Tshwane-metro.

Vanweë ‘n tekort aan vullisterreine en sommige instansies en inwoners se onwilligheid om na die naaste stortingsterrein te gaan, word vullis onwettig gestort op persele langs paaie.

Die polisie en die Tshwane-metropolisie (TMPD) se tekort aan voertuie en mannekrag bemoeilik wetstoepassing rakende onwettige vullisstorting.

Die VF Plus het ‘n beroep op inwoners en privaat sekuriteitsfirmas gedoen om saam met die owerhede ‘n oog te hou oor die onwettige storting van vullis en dit aan die betrokke departement van die metroraad te rapporteer.

Inwoners kan ook die plaaslike VF Plus-raadslede kontak om oortreders by die toepaslike owerhede aan te meld.

Indien moontlik kan ‘n foto van die vullisstorting geneem word asook van die voertuig se registrasienommer.

Die onwettige storting van vullis is nie net onooglik nie, maar hou ook ‘n wesenlike gesondheids- en veiligheidsrisiko vir mens en dier in.

Met die samewerking tussen alle belanghebbendes word mannekrag vermenigvuldig en kan daar ‘n einde aan onwettige vullistortings gemaak word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.