fbpx
Vryheidsfront Plus

SA se prominente blootstelling aan Brics en huishoudelike probleme kan verhouding met Weste benadeel

Die ANC-regering se posisionering as prominente lid van Brics en sy stille diplomasie oor onder meer die Rusland-Oekraïene-oorlog en magsvergrype in buurlande soos Zimbabwe, is nie in die land se belang nie.

Dit maak van Suid-Afrika ʼn passasier op ʼn skip van ʼn magsblok wat openlik vyandig teenoor die Weste is en China wil vooropstel in ʼn nuwe magsblok teenoor Amerika en Europa.

President Xi Jingpeng van China is die dryfkrag agter die uitbreiding van die lidmaatskap van Brics wat dit moontlik kan maak vir meer lande om daarvan deel te word.

Dit is bloot ʼn manier om sy geopolitieke mag te versterk en ʼn groter koalisie van ontwikkelende lande te bewerkstellig wat Beijing se invloed sal vergroot en opstel teenoor Amerika terwyl die verhouding tussen China en Amerika tans nie goed is nie.

Wanfunksionele staatsdepartemente, die ineenstorting van plaaslike regering wat handel en industrie plaaslik moet ondersteun, Eskom se onvermoë om volhoubaar elektrisiteit te verskaf, wanadministrasie, korrupsie en staatskaping verswak Suid-Afrika se vermoë om te kan meeding.

Daar bestaan dus ʼn wesenlike risiko dat Suid-Afrika sy gevestigde handelsbetrekkinge met sy grootste handelsvennote in die Weste kan benadeel indien die Brics-groepering, met China en Rusland aan die voorpunt, se verhouding met Amerika as mees prominente rolspeler sou verbrokkel.

Intussen moet Suid-Afrika sy eie huis in orde kry om ʼn waardige en kompeterende rolspeler in Afrika en die internasionale handelswêreld te word.

Die VF Plus beywer hom daarvoor dat die ANC-regering in 2024 vervang word met ʼn veelpartykoalisie wat die land weer op die wenpad kan plaas na 29 jaar se ANC-vergrype.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.