fbpx
Vryheidsfront Plus

“Rooi ligte flikker oor realiteit van nasiebou” – Groenewald

“Wit mense van Suid-Afrika vra geen spesiale gunste, gawes of voorkeurbehandeling nie. Hulle vra gelyke regte en gelyke behandeling. Indien die regering dit toestaan, sal Suid-Afrika op die wenpad geplaas word.”

Dit was die boodskap Woensdag van dr Pieter Groenewald, VF Plus-leier in die debat oor die presidensie.

Groenewald het tydens die debat in die parlement gesê die aanhef van Suid-Afrika se Grondwet maak dit duidelik dat ongeregtighede van die verlede erken word.

“Maar dit lui ook dat diegene wat die land opgebou en ontwikkel het, gerespekteer moet word en dat die land behoort aan almal wat in hom woon, verenig in hul verskeidenheid.

“Selfs die Vryheidsmanifes van die ANC maak daarvan melding dat die land aan wit en swart behoort.

“Artikel 83(c) van die Grondwet plaas ook ‘n besondere verpligting op die president deur te bepaal dat die president eenheid van die nasie moet bevorder.

“Daar is vandag baie huldeblyke in die parlement gelewer vir oud-pres. Nelson Mandela wat eersdaags honderd jaar oud sou wees. Een van sy nalatenskappe is dat hy versoening in Suid-Afrika bepleit het.

“Indien ons egter na die Suid-Afrikaanse samelewing van vandag kyk, is daar rooi ligte wat flikker.

“Dit is kommerwekkend as iemand in ‘n voorstad van Pretoria geviktimiseer, as rassis en moordenaar uitgekryt en met die dood gedreig word nadat hy twee inbrekers doodgeskiet het in ‘n poging om sy gesin te beskerm.

“Dis ook kommerwekkend om te sien dat politieke leiers in die aanloop tot volgende jaar se algemene verkiesing ‘n narratief begin gebruik wat wit teenoor swart afspeel. Net so om wit bevoorregting teenoor swart armoede te stel.

“Die boodskap hiermee aan swart mense is dat hul armoede wit mense se skuld is. Dit skep polarisasie wat Suid-Afrika nie nodig het nie.

“Ek het reeds met die staatsrede my hand na die president uitgereik. Ons almal moet help om hierdie land te bou.

“Wat grond aanbetref het die president die afgelope naweek met die ANC se kongres gesê dit sal terugbesorg word aan die ‘regmatige eienaars’. Watter grondeienaars is tans nie die regmatige eienaars nie?

“Die president mag dalk dink dat hy onwettige grondbesettings in bedwang kan hou, maar hy het vandag die openlike opstokery van die EFF en Julius Malema in die parlement aanskou. Dit sal hom loon om dit in gedagte te hou,” het Groenewald gesê.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.