fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Rooftog van Nederlandse toeriste: Optrede van polisieminister te min te laat

Die besoek wat die minister van polisie, Fikile Mbalula, aan die 38 Nederlandse toeriste gebring het wat Sondag in Fourways, Johannesburg beroof is, was die regte ding om te doen, maar dit is helaas “te min te laat”, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Dr. Groenewald sê die rooftog is slegte nuus vir Suid-Afrika en skaad nie net die land se toeristebedryf nie, maar ook die ekonomie en die totale beeld van Suid-Afrika in die buiteland.

“Die wanorde in die topbestuur van die polisie waar daar nie permanente hoofde aangestel word nie en waar belangrike teenmisdaad-strukture vir politieke gewin deur die regering misbruik word, het veroorsaak dat ons nou die wrang vrugte daarvan pluk deur voorvalle soos hierdie aanval.

“My voorspelling is dat daar ‘n toename gaan wees in hierdie tipe rooftogte. Dit sal beslis ‘n negatiewe effek hê op Suid-Afrika se bod op die 2023-Wêreldrugbykampioenskap omdat toeriste, nieteenstaande ‘n gunstige wisselkoers, weens misdaad nie die land sal wil besoek nie.

“Indien die minister daadwerklik iets wil doen, moet hy die polisie nou skoonmaak van al die korrupte elemente soos hy beloof het om te doen, en moet ervare en kundige polisielede permanent aangestel word in die topstruktuur sodat die bestuur van die polisie op die regte pad geplaas kan word om misdaad effektief te bestry.

“Solank as wat dit nie gebeur nie, sal misdaad in Suid-Afrika gedy en sal dit die land al hoe meer skade berokken,” sê dr. Groenewald.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.