fbpx
Vryheidsfront Plus

Risiville se watertekorte moet dringend opgelos word

Die voortslepende finansiële krisis van die Emfuleni-munisipaliteit (Vanderbijlpark, Sebokeng, Evaton en Vereeniging) het ‘n reuse negatiewe impak op inwoners van Risiville.

"Inwoners is in ‘n skaakmat-posisie omdat hulle Midvaal-munisipaliteit vir dienste betaal terwyl dié dienste deur die Emfuleni-munisipaliteit gelewer word. Met die verdere verlaging van waterdruk na die gebied plaas dit die inwoners van Risiville in ‘n onuithoubare situasie," sê Kobius Hoffman, VF Plus-onderleier in Gauteng.

Risiville is geleë op die grens van die Emfuleni- en Midvaal-munisipaliteit (Meyerton, Vaal Marina, Wakerville en Henley-on-Klip).

Die VF Plus het vasgestel en bevestig dat Midvaal jaarliks bykans R13 miljoen aan Emfuleni betaal vir watervoorsiening aan die gebied.

Hoffman sê die betaling word jaarliks gedoen en nie maandeliks soos voorgeskryf deur die gesamentlike ‘munisipaliteite -ooreenkoms’ nie.

"Midvaal-stadsraad funksioneer reeds langer as ‘n dekade onafhanklik van Emfuleni-stadsraad en hy moes hierdie oorskakeling jare gelede reeds gedoen en afgehandel het.

"Die munispaliteit het jare gelede reeds kwotasies bekom vir die direkte waterkoppeling van Risiville aan die Rand-Waterlyn. Die beraamde koste sou omtrent R12 miljoen beloop het.

"Dit is verstommend dat Midvaal die inwoners van Risiville aan hierdie groot ongerief onderwerp as die positiewe effek van hul bydrae tot die Midvaal-begroting in ag geneem word. Dit terwyl miljoene rande bestee word aan die verfraaiing van die Sicelo-nedersetting en verskeie ander nodelose uitgawes en wanbetalings.

"Die VF Plus dring daarop aan dat die DA-beheerde stadsraad van Midvaal onmiddellik noodbefondsing toestaan en die begroting hersien ten einde die Risiville-probleem op te los. Die aanry van water na Risiville is nie volhoubaar nie en ook geen oplossing vir veral die siek en bejaarde inwoners van Risiville nie," sê Hofmann.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.