fbpx
Vryheidsfront Plus

Regering moet optree teen wesenlike Isis-bedreiging in Suid-Afrika

"Alle aanduidings is daar dat die terreurgroep Isis en ander ekstremistiese Moslemgroepe reeds ’n vastrapplek het in Suid-Afrika en dit sou uiters onverantwoordelik van die ANC-regering wees om nie daadwerklike stappe te neem teen die bedreiging nie," sê dr. Corné Mulder, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van internasionale betrekkinge en samewerking.

"Die VF Plus doen daarom ’n dringende beroep op me. Naledi Pandor, die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, om met die Mosambiekse regering te skakel oor die aangeleentheid.

"Minister Pandor sal Mosambiek moet versoek om sy huis in orde te kry en op te tree teen die bedreiging voordat die hele Suider-Afrika gedestabiliseer word.

 

"Suid-Afrika se regering sal op sy beurt met erns moet aandag gee aan onder meer die land se grense en hoe om dié bedreiging as ’n eerste linie daar te stuit."

 

"Dit is ongelukkig algemeen bekend en kommerwekkend hoe poreus die landsgrense is en hoe ingrypend die land se intelligensiedienste verswak het nadat dié diens in die onlangse verlede grootliks aangewend is vir ANC-binnegevegte.

"Luidens verskeie nuusberigte was daar ’n aantal Suid-Afrikaners betrokke in die onlangse aanval op die dorp Palma in die noorde van Mosambiek. Dit strook met verskeie berigte oor die laaste jare dat die groep aktief lede werf in Suid-Afrika. (Instituut vir Sekerheidstudies, 23 Julie 2020: “How Serious is the Islamic State threat to attack South Africa?”)

"Dit sou naïef wees om te dink dat Isis mense werf in Suid-Afrika, maar nie daadwerklike pogings aanwend om sy invloed en ideologie op georganiseerde wyse uit te brei in die land nie.

"Die bedreiging is dwingend en werklik. Elke Suid-Afrikaner moet hiervan kennis neem," sê Mulder.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.