fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Regering mag nie slaag om selfhaat aan te wakker

"Malcolm X, die grondlegger van die Swart Bewussynsbeweging in Amerika, het op ‘n keer sy gehoor gevra wie hulle geleer het om hulself te haat. Hy was reg, want selfhaat is nie net afbrekend nie, maar ook onnatuurlik," sê dr Wynand Boshoff, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van hoër onderwys.

 

"Die taalbeleid aan voorheen Afrikaanse universiteite spreek nie van transformasie of selfs net nasiebou nie, dit is kulturele onderdrukking."

 

"Die Universiteit van Pretoria is 'n goeie voorbeeld hiervan. Pretoria is 'n stad met sowat 'n miljoen Afrikaanssprekendes. Tog mag daar sedert die begin van 2019 geen lesings in Afrikaans aangebied word nie.

"Tuks Res, wat koshuise bestuur, verbied ook die gebruik van Afrikaans in enige vergadering, byeenkoms, aankondiging of kennisgewing.

"Dit bring die VF Plus by die vraag wat dikwels in die wandelgange gevra word: Wat is die doel met Orania?

"Die antwoord is drieledig: Dit skep 'n nuwe verwysingspunt vir Afrikaners, bestry die skade van kulturele onderdrukking en leer die selfhaat af wat die huidige regering onder sekere gemeenskappe wil aanwakker," sê Boshoff.

DEEL DIT:

jongste artikels

Jongste nuus
Marcelle Maritz

Verklaar Warmbad tot rampgebied

Die VF Plus het vandag in ’n skrywe aan die premier van Limpopo, mnr. Stanley Mathabatha, daarop aangedring dat Warmbad en omliggende dele tot rampgebied

LEES MEER

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.