fbpx
Vryheidsfront Plus

Rampaphosa en ANC onkundig oor buitelandse beleggers

President Cyril Ramaphosa en die ANC is onkundig oor die feit dat buitelandse potensiële beleggers, maatskappye is en nie liefdadigheidsorganisasies nie, sê dr Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

Groenewald sê in reaksie op antwoorde deur die president Dinsdag in die parlement gesê geen maatskappy in 'n land belê waar daar beleidsonsekerheid heers, dienslewering nie plaasvind nie en infrastruktuur in duie stort.

"Die voorgestelde minimumloon dien ook as 'n afskrikmiddel vir industrieë om in Suid-Afrika te belê," sê Groenewald.

Sedert 2005 ‘n dramatiese swaai in die beleggingsprofiel van Suid-Afrika plaasgevind met plaaslike sakelui wat toenemend verkies om eerder in die buiteland te belê terwyl buitelanders toenemend wegbly uit die land.

Volgens die ekonoom Mike Schüssler het die netto buitelandse regstreekse investering (FDI) as persentasie van die bruto binnelandse produk (BBP) in 2005 ‘n hoogtepunt van 24% bereik en in 2017 ‘n laagtepunt van byna -31%.

In die lig hiervan, en teen die agtergrond van die ANC-regering se besluit oor onteiening sonder vergoeding, het Groenewald met vraetyd aan die president, pres. Cyril Ramaphosa, gevra wat aan buitelandse beleggers gesê word om hulle te oorreed om tóg plaaslik te belê.

Dr. Groenewald het dit aan pres. Ramaphosa gestel dat die blote aanvaarding van die beginsel van onteiening sonder vergoeding, beleggers sal afskrik.

In sy antwoord het die president gesê Suid-Afrikaanse beleggers het waarskynlik goeie beleggingsmoontlikhede in die buiteland gesien en het dit benut.

Hy het probeer om die versekering te gee dat baie van dié beleggers oor ‘reuse reserwes’ beskik en dat die regering met hulle gesprek voer om hulle te oortuig om terug te keer en in die plaaslike mark te belê.

Volgens Ramaphosa luister baie van die beleggers na die versoek en is ‘bereid om dit te oorweeg. ’ Volgens die president is die tekens dat dit wel kan gebeur, ‘baie belowend’.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.