fbpx
Vryheidsfront Plus

Provinsies, private instansies moet betrek word by verspreiding van Covid-19-entstof

"Die redes wat die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, aanvoer oor waarom die sentrale regering alleen die aankoop en verspreiding van die Covid-19-entstof moet behartig, is ‘n swak poging van die ANC om sy magsug te verbloem en is boonop juridies en grondwetlik verkeerd," sê dr. Corné Mulder, VF Plus-LP en provinsiale leier in die Wes-Kaap.

"Die ANC het reeds by herhaling gewys hy is te onbevoeg en korrup om vertrou te word met ‘n projek van hierdie omvang en provinsies – soos die Wes-Kaap – asook private instansies moet betrek word by die landwye inentingsprogram sodat mense wat die entstof wil ontvang, nie onnodig daarvoor hoef te wag nie.

"Volgens Mkhize “verkies” groot gesondheidsmaatskappye om met die sentrale regering saam te werk en dit sou volgens hom logisties onmoontlik vir provinsies wees om self die inenting te behartig.

"Hierdie wantroue in provinsies is ‘n verdoemende erkenning van die ANC dat provinsies waar hy in beheer is, onbevoeg is.

"Provinsies wat wel daartoe in staat is, moet sonder meer toegelaat word om self met die program te begin.

 

"Die VF Plus sal in so ‘n geval die Wes-Kaapse regering versoek om sonder meer die entstof in te voer sodat mense hul reg kan uitoefen om dit te ontvang sou hulle dit verkies."

 

"Met die aankondiging van die hulppakket van meer as R500 miljard verlede jaar het pres. Cyril Ramaphosa self die versekering gegee dat daar nie bedrog en korrupsie sou plaasvind nie.

"Vandag is die algemeen bekend dat bedrog en korrupsie op ‘n reuse skaal plaasgevind het. Daarom sal geen versekering van die regering dat dit nie weer sal gebeur nie, enige gewig dra nie.

"Die enigste wyse om misdaad rondom die program so ver moontlik uit te skakel, sal wees om die proses te desentraliseer en om die private sektor betrokke te kry," sê Mulder.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.