Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

President Jacob Zuma veg in laaste loopgraaf

‘n Desperate stryd om oorlewing en om sy loopbaan te red. Dit is feitlik die enigste afleiding wat gemaak kan word van die dringende interdik-aansoek van pres. Jacob Zuma om te keer dat die Openbare Beskermer (OB) se verslag oor staatskaping more bekend gemaak word, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus.

Dr. Mulder sê die OB, adv. Thuli Madonsela, het pres. Zuma al sedert Maart vanjaar die geleentheid gegun om met haar saam te werk en op haar vrae te reageer. Hy was duidelik nie bereid om sy samewerking te gee nie.

“Indien president Zuma onskuldig is en niks het om weg te steek nie, waarom het hy nie met die OB saamgewerk nie? Waarom nou skielik die paniekerige reaksie?

“Vanuit ‘n tegniese regsoogpunt mag die aanvra van ‘n interdik dalk korrek wees maar die persepsie na buite sal sonder twyfel wees dat die president skuldig is en die bevindings wil ontduik.

“Die feit dat hy onlangs selfs probeer het om die OB te oortuig om die ondersoek aan haar opvolger, adv. Busiswe Mkhwebane, oor te dra, versterk die persepsie dat hy adv. Madonsela wou keer om haar verslag bekend te maak.

“Dit skep die indruk dat pres. Zuma van mening is Mkhwebane sal hom beskerm en dit kontamineer haar ongelukkig reeds tot ‘n groot mate selfs voordat sy die kantoor van die OB oorneem.

“Tussentydse verslae is normaal. Die persoon of persone wat daarin genoem word, weet ook hulle sal ‘n geleentheid kry om daarop te reageer.

“Wat ons hier sien is duidelike tekens van die eindspel rondom president Zuma se loopbaan,” sê dr. Mulder.

 

Kontaknommers: 083 419 5403 / 082 674 6670

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.