fbpx
Vryheidsfront Plus

Premier se toutjies sal deur Supra getrek word

Die VF Plus neem kennis van die aanstelling van Job Mokgoro as premier van Noordwes. 

"Enige kandidaat is beter as die voormalige premier, Supra Mohumapelo, wie se termyn gekenmerk was deur korrupsie, swak bestuur en die algehele verval van die provinsie," sê Hannes Schutte, VF Plus-LPW in die  Noordwes-wetgewer.

"Mokgoro het ‘n reuse taak wat op hom wag met die regruk van die provinsie se administrasie en die uitwissing van die diepgewortelde korrupsie wat deur elke provinsiale departement strek.

"Nie net begin Mokgoro sy ampstermyn met dié reuse agterstand nie, maar is Mahumapelo, as provinsiale voorsitter van die ANC, steeds daar om oor sy skouer te loer.  Dit sal ‘n jammerte wees as Mokgoro slegs aangestel is as pion om die inwoners van Noordwes met sy huidige positiewe beeld te paai terwyl Mahumapelo steeds die toutjies in die provinsiale regering trek.

"Die VF Plus sal Mokgoro met ‘n valkoog dophou en hom aanspreeklik en verantwoordbaar hou vir die bestuur en administrasie van die provinsie.  Noordwes se mense verdien behoorlike sterk leierskap sonder korrupsie en magsvergryp, sê Schutte.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.