fbpx
Vryheidsfront Plus

Politieke partye se misbruik van die grondkwessie vir populisme is ‘n gevaarlike speletjie

Politieke partye misbruik die grondkwessie om emosie in Suid-Afrika aan te jaag en dit kan onvoorsiene gevolge vir die toekoms inhou.

Dit was die boodskap van dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, in sy ledeverklaring Dinsdag in die parlement. 

Groenewald het by verskeie geleenthede in die parlement gesê grond is ‘n emosionele saak en ‘n beroep op politieke partye gedoen om omsigtig om te gaan met die grondkwessie.

"Dit wat ons tans sien, is hoe politieke partye op ‘n onverantwoordelike manier die grondkwessie misbruik vir populistiese steun met die oog op volgende jaar se algemene verkiesing.

"Die uitsprake is uiters onverantwoordelik en dit verdeel die gemeenskap. Die standpunte wat ingeneem word is gevaarlik en verhoog die emosies in Suid-Afrika sodanig dat dit eindelik ‘n verdeelde land gaan veroorsaak.

"Die VF Plus doen ‘n beroep op alle politieke partye om rasioneel te raak oor grond en om op te hou om die grondkwessie, en veral onteiening sonder vergoeding, te misbruik om hul eie onvermoë om kiesers te lok, te misbruik te koste van die land se ekonomie.

"Die ANC veral praat hieroor uit verskillende monde en maak gevaarlike uitsprake. Dit moet stopgesit word, anders gaan dit lei tot onvoorsiene gevolge vir Suid-Afrika," sê Groenewald.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.