fbpx
Vryheidsfront Plus

Phala Phala: ANC het lesse van staatskaping gou vergeet (Debat in parlement: Stigting van ad hoc-komitee om Phala Phala-aangeleentheid te ondersoek)

Die lesse van staatskaping is klaarblyklik reeds vergete, al is die ink op die geregtelike ondersoekverslag nog nie eens behoorlik droog nie.

Wat staatskaping aanbetref, het Suid-Afrika se intelligensiedienste reeds in 2009 aangedui dat die Gupta-familie ’n ernstige veiligheidsbedreiging vir Suid-Afrika inhou.

Op 30 April 2010 het die Mail & Guardian berig oor die regering se onreëlmatige betrokkenheid by die Guptas se New Age-koerant.

Op 2 Maart 2011 was dit reeds wyd bekend dat die Guptas beloon is vir hul politieke en geldelike steun aan oud-president Jacob Zuma.

Op 7 Maart 2011 het min. Gwede Mantasha kritiek oor regeringsbande met die Guptas afgemaak as rassisme.

In April 2013 het die Guptas met private vliegtuie op die Waterkloof-lugmagbasis geland.

Op 26 Mei 2013, tydens ’n parlementsdebat oor die Waterkloof-aangeleentheid, het min. Jeff Radebe gesê opposisiepartye is vinnig om te oordeel sonder enige bewyse.

Dit is wat veral ANC-parlementslede nou weer oor Phala Phala sê.

Alle bewerings oor staatskaping is geïgnoreer en in die proses is versuim om die uitvoerende gesag verantwoordbaar te hou. Dit het gelei tot die diefstal van miljarde rande en die vernietiging van staatsondernemings.

Die geskiedenis herhaal homself nooit, net die mens deur sy optrede, lui ’n bekende cliché. Die optrede van die ANC se parlementslede getuig daarvan.

Verantwoordbaarheid is ‘n uitstaande kenmerk van ‘n moderne demokratiese regering. Daarsonder is demokrasie betekenisloos.

Die regterlike ondersoek na staatskaping het duidelik uitgewys hoe die parlement gefaal het in sy oorsigrol. Nou word dit weer gedoen. Die ANC maak van die parlement ’n rubberstempel wat deur die uitvoerende gesag misbruik word.

Ernstige aantygings van magsmisbruik en die betrokkenheid van verskillende regeringsdepartemente soos by Phala Phala, moet deur die parlement ondersoek word en die uitvoerende gesag moet aanspreeklik gehou word.

Soos wat die ANC staatskaping afgemaak het as blote bewerings, word dit nou weer met Phala Phala gedoen. En soos met staatskaping sal die spyt waarskynlik eers kom wanneer die skade reeds aangerig is.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.