fbpx
Vryheidsfront Plus

Parlement moet optree teen Mkhwebane-uitbarsting en rassisme

Die kritiek en rassistiese uitlatings van die voormalige openbare beskermer (OB) adv. Busisiwe Nkhwebane teenoor onder andere werknemers van die parlement, is skokkend onvanpas en die VF Plus vra in ʼn skrywe aan die speaker van parlement, me. Thoko Didiza, om gepaste optrede.

Mkhwebane is vroeër vanjaar deur ʼn parlementêre artikel 194-proses uit haar amp verwyder en is tans ʼn parlementslid (LP) van die EFF. Haar tirade op X spruit juis voort uit haar skorsing deur die proses.

Dit is veral teen Indiese persone gemik – van appèlregter Visvanathan Ponnan wat by die mislukte appèlaansoek teen haar afdanking betrokke was, tot parlementêre amptenare wat by die parlementêre proses betrokke was.

Die VF Plus-skrywe aan die speaker lui onder meer:

“Buiten vir bewerings teen die voorsittende regter in die appèlsaak en die getuienisleier, adv. Nazreen Bawa, verwys sy (Mkhwebane) spesifiek in beledigende trant na die integriteit van senior parlementêre personeel, soos die hoofregsadviseur, adv. Zuraya Adikharie en die regsadviseur adv. Fatima Ebrahim. Sy beskuldig hulle van vooroordeel en onprofessionele gedrag.

“Dit beledig nie net die integriteit van die betrokke persone nie, maar ook dié van die parlement en die parlementêre prosesse terwyl sy self ‘n lid van die instelling is.

“Ek en my VF Plus-kollega dr. Corné Mulder het op die artikel 194-komitee gedien en ek kan getuig dat die gedrag van die parlementêre personeel betrokke by die verrigtinge, altyd hoogs professioneel was.

“Ek versoek daarom dat u haar optrede in hierdie aangeleentheid na die bevoegdhede- en voorregtekomitee verwys ingevolge reël 214 (1) van die Nasionale Vergadering (NV).”

Die brief word afgesluit deur te sê dat die VF Plus sterk daarin glo dat rassisme en diskriminasie geen plek in ‘n vrye en demokratiese samelewing het nie en dat dit veral nie deur die parlement geduld kan word nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.