Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Onwettige bepaling oor bereide voedsel vervang met ‘n irrasionele bepaling

"Die minister van samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede (Cogta), Nkosazana Dlamini-Zuma, het vandag met die wysiging van ‘n inpekingsregulasie die verkoop van warm kos of bereide voedsel tydens die inperkingstyd uitdruklik verbied en daardeur ‘n onwettige bepaling bloot vervang met ‘n irrasionele bepaling," sê Jaco Mulder, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van handel en nywerheid. 

"Die VF Plus betreur die feit dat die minister met die skuif waarskynlik bloot regsaanspreeklikheid van die minister van handel en nywerheid voorkom het nadat die VF Plus en ander instellings die minister versoek het om die aanvanklike flater reg te stel.

"Voor die wysiging het daar regtens geen bepaling in die inperkingsregulasies bestaan wat voorsiening maak vir die uitsluiting van enige kategorie voedselproduk nie.

 

"Hierdie irrasionele besluit kan selfs die voorbereiding en verspreiding van noodsaaklike voedsel aan hulpbehoewendes in die wiele ry."

 

"Die VF Plus sal die minister hieroor tot verantwoording roep. Die aangeleentheid moet reggestel word," sê Mulder.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.