fbpx
Vryheidsfront Plus

Onaanvaarbaar dat Nelson Mandelabaai-metro vir twee weke swyg oor besoedelde drinkwater

Dit is onaanvaar dat die ANC-geleide koalisieregering van die Nelson Mandelabaai-metroraad (NMBM) vir twee weke daarvan kennis gedra het dat die metro se drinkwater met E. coli besmet is, maar geswyg het en boonop inwoners wat gekla het oor troebel kraanwater, verseker het dit is geskik vir menslike gebruik.

Die dood van 'n kind in Uitenhage verlede week nadat hy komplikasies weens 'n E. coli-infeksie opgedoen het, kon moontlik voorkom gewees het indien die metro van die begin af oop kaarte met inwoners gespeel het.

’n Tweede kind is steeds in die intensiewe sorgeenheid van die Dora Nginza-hospitaal in Port Elizabeth.

Toetse wat twee weke gelede op die water uitgevoer is, het ‘n hoë vlak van E. coli getoon wat veroorsaak is deur menslike of dierlike uitskeiding. Dit is onveilig vir menslike verbruik, maar die metroraad het die besoedeling toegeskryf aan die heersende droogte en lae damvlakke.

Die argument dra nie water nie aangesien die vlakke van die ses voedingsdamme wat water verskaf aan die metro, in die verlede laer as die huidige 17,11% was en daar geen verkleuring of bakterie en spore van E. coli in die water gevind is nie.

Dit het intussen aan die lig gekom dat toetse deur ‘n onafhanklike waterkenner bevind het daar is geen chloor in die water nie. Dit beteken dat die amptenare wat die waterbehandelingsaanleg bestuur, die water nie voldoende chlorideer nie.

Die VF Plus maan inwoners van die metro om nie kraanwater te drink tensy dit nie eers gekook is nie.

Om bleikmiddel by water te voeg om dit drinkbaar te maak soos voorgestel deur die burgemeester, Eugene Johnson, kan lei tot ernstige newe-effekte wat insluit maagpyn, dairree en selfs die dood indien die riglyne nie noukeurig gevolg word nie (2 druppels per 250ml).

Die VF Plus vind dit onaanvaarbaar dat inwoners tot hierdie uiterstes moet gaan om toegang tot drinkbare water te verkry, wat ‘n basiese grondwetlike reg is.

Dit is die direkte gevolg van die onbevoegdheid van die ANC-geleide koalisie-regering in beheer van die metro.

Die VF Plus gaan druk plaas op die metro om die waterkwaliteitresultate weekliks te publiseer en om die waterkwaliteit onmiddellik reg te stel om siekte en verdere lewensverlies te voorkom.

Navrae: 072 582 3461

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.