Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Nuwe Vrystaatse premier, selfde ANC-geraamtes van korrupsie

Die VF Plus het vandag 'n klag by die Openbare Beskermer (OB), Busisiwe Mkhwebane, aanhangig gemaak en versoek dat sy ondersoek moet in stel na bewerings dat die Vrystaatse premier, Sisi Ntombela se seuns, Sibusiso en Duduza Ntombela, onregverdig bevoordeel is met tendertoekennings in die provinsie.

Die Ntombela-broers besit 'n maatskappy, MDBS Trading. Volgens inligting in die VF Plus se besit, is die geregistreerde adres van hierdie maatskappy, die residensiële adres van premier Ntombela in Frankfort.

Die Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer het gedurende 2016 ‘n tender aan MDBS Trading toegeken om deel te neem aan die departement se kontrakteursontwikkelingsprogram.  

Die ANC se sekretaris-generaal en vorige Vrystaat-premier, Ace Magashule, se broer, Ezekiel, en dogter, Thoko Malembe, is ook na bewering onregverdig bevoordeel deur die program wat belastingbetalers reeds R300 miljoen uit die sak gejaag het.

Bakkies, waentjies en ander toerusting is glo aan Ntombela en Magashule se familielede as deel van die ontwikkelingsprogram oorhandig. Kontrakteurs wat voorheen by die program ingesluit was, sukkel om finansiële steun te kry sedert die politici se familielede kontrakte toegeken is.

"Terwyl die Vrystaatse wetgewer se Etiekkomitee nie funksioneer nie, is dit nie bekend of die premier haar belange by MDBS verklaar het nie," sê Tammy Wessels, VF Plus LPW in die Vrystaat.

"Aan die begin van haar termyn het die VF Plus Ntombela daarop gewys dat dit nie moeilik sal wees om ‘n beter premier as haar voorganger te wees nie. Dit wil nou voorkom of die ANC en Magashule se plundering van die Vrystaat se finansies onder Ntombela voortgesit word.

"Bewerings van onreëlmatighede in die toekenning van tenders bevestig die VF Plus se standpunt dat die Vrystaat onder Ntombela steeds nie in goeie hande is nie.

"Die Vrystaat verdien ‘n regering wat die belange van sy inwoners eerste stel en nie baantjie vir boeties kontrakte en nog skandale soos die Vrede-suiwelprojek nie," sê Wessels.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.