fbpx
Vryheidsfront Plus

Noordwes se aansporingsbegroting te min te laat?

Kritieke aanpassings in die aansporingsbegroting van Noordwes word verwelkom, maar die VF Plus vrees dat dit moontlik te min te laat kan wees.

Die VF Plus verwelkom die feit dat Noordwes se LUR vir finansies, ekonomie en ondernemingsontwikkeling, Wendy Nelson, aangekondig het dat die Noordwes Ontwikkelingskorporasie nie meer deel van die premier se kantoor sal vorm nie.

"Die VF Plus versoek reeds die afgelope twee jaar dat die korporasie geskuif moet word en verwelkom die aankondiging dat R79 miljoen na die provinsie se departement van ekonomie oorgedra sal word om die bestuur van die korporasie te behartig," sê Hannes Schutte, VF Plus-LPW in Noordwes.

Die VF Plus vra ook reeds sedert 2014 vir ‘n aanpassing vir die provinsie se verswakkende padinfrastruktuur. Indien dit reg aangewend word, sal Nelson se aansporing van R73 miljoen vir openbare werke en paaie ‘n belangrike bydrae lewer om die provinsie se padnetwerk op te knap.

"Die aanvullende begroting is egter nie voldoende vir die provinsie se behoeftes nie. Noordwes kan dit nie verder bekostig dat fondse weens onbevoegde amptenare verkwis word nie.

"Die provinsie se diensleweringsvakuum het ‘n negatiewe impak op die ekonomie.  Dit benadeel uiteindelik alle inwoners.

Premier Job Mokgoro se vermoë om, te midde van maande se politieke onstabiliteit binne die ANC, die LUR se finansiële plan van aksie effektief te implementeer, sal nou getoets word.

"Mokgoro sal net slaag as hy vir die provinsie se departemente verantwoordelikheid neem en bereid is om saam met sy uitvoerende komitee politieke wil en –leierskap in die provinsie te verseker.

 "Indien dit nie gebeur nie, sal die LUR se aansporingsbegroting te min te laat wees.

"Noordwes se bronne moet tot voordeel van sy inwoners bestee word. Die VF Plus sal aanhou om regeringsbesteding in die wetgewer fyn dop te hou en terug te slaan teen verkwisting van belastingbetalers se geld weens swak bestuur en swak politieke leierskap in die provinsie," sê Schutte.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.