Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Geen wet sal openbare weerstand teen belasting verander nie

"Belasting is die lewensbloed van ‘n regering. Wanneer hierdie bloed skielik verminder of gekontamineer raak, ontstaan ‘n kritieke situasie wat die vraag laat ontstaan hoe lank ‘n land op hierdie wyse kan oorleef," het Anton Albrets, VF Plus-voorsitter en LP gesê.

Alberts het tydens 'n debat oor die Belastingwette-Wysigingswetsontwerp gesê Suid-Afrika bevind hom weens openbare weerstand op dun ys rakende die volhoubaarheid van belasting-invordering.

"Geen wet sal enige daadwerklike effek daarop hê nie"

"Die belastinglas op Suid-Afrikaners het reeds die Laffer-kurwe verbygesteek. Dit beteken die land se belastingbetalers is nie meer gewillig om belasting te betaal nie en is daarom gedurig op soek na wyses om belasting wettiglik te vermy. Wat met die Gautengse e-tolstelsel gebeur het, gebeur nou met belasting op nasionale vlak.

"Die land het ‘n punt bereik waar sy belastingbasis krimp weens belastingvermyding en 'n krimpende ekonomie. Die hoofredes hiervoor kan soos volg uiteengesit word:

 

 

 

 

"Die VF Plus ag dit ook sy plig om die regering te waarsku teen die effek wat Transnet se pensioen-hofsaak op die land sal hê indien daar nie spoedig geskik word met die pensioenarisse nie.

"Die eis beloop reeds meer as R100 miljard en wanneer die hof in die guns van die pensioenarisse beslis, sal Transnet onmiddellik afgegradeer word tot rommelstatus met ‘n domino-effek op ander staatsentiteite en uiteindelik die staat self wat tot rommelstatus sal daal.

"Deur die saak nie nou op ‘n billike basis te skik nie, sal die regering ons land finaal oor die afgrond stoot. Daarna sal geen belastingbasis meer bestaan as reddingsboei nie. Skik nou en skik billik met die pensioenarisse," het Alberts gesê.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.