fbpx
Vryheidsfront Plus

Ramaphosa verspeel gulde geleentheid om kabinet te verklein en van Dlamini ontslae te raak

President Cyril Ramaphosa het ‘n gulde geleentheid verspeel om sy kabinet verder te verklein en van ‘n ongewenste en onbevoegde minister soos Bathabile Dlamini ontslae te raak," sê dr Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

Groenewald sê van die verskeie veranderinge wat pres. Ramaphosa Donderdag kon aanbring, sou wees om omgewingsake met water en sanitasie te kombineer.

Slegs die ministeries van telekommunikasie en poswese, en dié van kommunikasie, is nou saamgevoeg.

Die VF Plus is van mening dat pres. Ramaphosa met verdere samesmeltings van ministeries aan die publiek kon wys dat hy erns het met sy belofte om die kabinet te verklein. Hy het hierdie geleentheid nou verspeel.

"Dan sal die land en die belastingbetaler nog ‘n onbepaalde tyd die las van ‘n oorgrote kabinet moet dra"

 

"Die geleentheid om die kabinet te skommel is aan die president gebied deur die afsterwe van die vorige minister van omgewingsake, Edna Molewa, en die bedanking van Malusi Gigaba as minister van binnelandse sake. Dit het ‘n kabinetskommeling genoodsaak.

"Die feit dat die president nie bereid was om verdere veranderinge aan te bring nie, kan toegeskryf word aan die verdeeldheid in die ANC en die feit dat Ramaphosa steeds nie vanuit ‘n posisie van mag kan optree nie.

"In die ander skuiwe is Siyabonga Cwele (voorheen telekommunikasie en poswese) nou minister van binnelandse sake in die plek van Gigaba en Nomvula Mokonyane (voorheen kommunikasie) is nou minister van omgewingsake.

"Die president hoop dalk om met ‘n versterkte hand te kan optree na aanstaande jaar se verkiesing, maar die moontlikheid is nie uitgesluit nie dat die posisie van die ANC en dan ook die president verder kan verswak na die verkiesing, en dan sal die land en die belastingbetaler nog ‘n onbepaalde tyd die las van ‘n oorgrote kabinet moet dra," sê Groenewald.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.