fbpx
Vryheidsfront Plus

Nala: VF Plus versoek provinsiale ingryping

Die Nala-plaaslike munisipaliteit (Bothaville en Wesselsbron) se munisipale openbare rekeningekomitee funksioneer nie en die munisipaliteit se finansies is deurspek van onreëlmatighede tot nadeel van die inwoners.

Van die onreëlmatige uitgawes sluit in die vervoer- en verblyfkoste van politieke ampbekleërs, vlugte en motorhuur.

Die komitee se oorsigrol word van hom ontneem deurdat hy nie op ‘n gereelde basis vergader nie. Wanneer vergaderings wel plaasvind, word onreëlmatige uitgawes sonder die nodige dokumentasie bespreek en oorweeg.

Die ANC-meerderheid in die raad vee onreëlmatige uitgawes jaar na jaar onder die mat in en geen gevolgbestuur word uiteindelik toegepas nie.

Die onlangse verslag van die Ouditeur-Generaal (OG) het ook aangedui dat Nala vir die afgelope vyf jaar geen interne oudits gedoen het nie weens die betrokke amptenare se gebrek aan kwalifikasies en vaardighede. Nietemin word salarisse van sowat R800 000 per jaar vir dié afdeling betaal.

Die VF Plus het in ‘n skrywe aan die LUR vir samewerkende regering van die Vrystaat, mnr. Thembeni Nxangisa, amptelik versoek dat die departement op provinsiale vlak ingryp aangesien die ANC-geleide munisipaliteit nie gehoor gee aan vorige jare se OG-bevindinge nie. Dit is onaanvaarbaar dat ‘n belangrike oorsigkomitee, soos die munisipale openbare rekeningekomitee, nie funksioneer nie.

‘n Skrywe is ook in hierdie verband aan die Suid-Afrikaanse plaaslike regeringsvereniging (SALGA) gerig.

Navrae: 082 770 6201

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.