Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Motshekga se antwoorde wys sy het geen kennis oor wat in haar departement aangaan nie

Nadat die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, einde verlede jaar onderneem het om antwoorde te verskaf op parlementêre vrae van die VF Plus oor die Gautengse onderwysdepartement, het sy nou omgeswaai en gesê die antwoorde moet van die Gautengse departement self verkry word.

 Die vrae was onder meer oor die aantal skooldistrikte en skole in Gauteng, en oor die aanslag op Afrikaans by die skole.  (Vrae en antwoord onderaan).

"Dit is jammer dat die minister die vrae op hierdie wyse probeer omseil. Dit dui ook daarop dat sy nie op hoogte is van wat in haar provinsies gebeur nie, veral in Gauteng waar intimidasie van die LUR Panyaza Lesufi en sy departement omstrede is, soos bewys is met die voorval van geweld en intimidasie by die Hoërskool Overvaal," sê adv. Anton Alberts, VF Plus parlementêre woordvoerder vir basiese onderwys.

"Die afleiding is dat die minister bereid is om Lesufi te beskerm"

 

"As nasionale minister moet sy ‘n rekord hê van die aantal skole in die land in elke provinsie, hoeveel gebou gaan word en hoeveel weens nalatigheid en swak bestuur weliswaar nie gebou is nie sodat sy kan intree in die verband. Kennelik stel sy nie belang om haar verantwoordelikheid in die verband na te kom nie.

"Sy en ander ANC-parlementslede het aggressief teenoor die VF Plus gereageer tydens die begrotingsdebat oor basiese onderwys toe ek verwys het na Lesufi se nalatigheid om nuwe skole te bou in stryd met sy begroting en sy aanvalle op Afrikaanse skole, wat daarop dui dat sy nie erns het oor die bou van nog skole om moedertaalonderrig moontlik te maak nie.

"Die afleiding hieruit is dat die minister bereid is om Lesufi te beskerm. Dis duidelik dat sy die VF Plus mislei het en ons tyd gemors het, aangesien ons die inligting vroeër wel by die provinsiale departement kon aanvra.

"Die VF Plus gaan 'n skrywe in die verband aan die Speaker rig om formeel teen die minister se optrede beswaar aan te teken," sê Alberts.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.