Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

MK ontwrig Matlosana-raadsvergadering

"Die onwettige aksie deur die ANC se militêre vleuel, Umkhonto weSizwe (MK) vandag tydens ‘n raadsvergadering van die Matlosana-plaaslike munisipaliteit (Klerksdorp, Stilfontein, Orkney en Hartbeesfontein) mag nie geduld word nie," sê Michal Groenewald, VF Plus-leier in Noordwes en raadslid in die Matlosana-plaaslike munisipaliteit.

MK-lede het Disndagoggend ‘n gewone vergadering van die raad ontwrig weens bewerings dat daar nie uitvoering aan raadsbesluite gegee word nie. Die besonderhede oor die ontevrede lede se klagtes is egter onduidelik weens die feit dat hulle nie van behoorlike klagte-prosesse gebruik gemaak het nie.

Die MK-lede het ook geëis dat die raad verdaag moes word sodat hulle met die ANC-bestuur in die raad kan vergader. 

Die vergadering het voortgegaan sonder die burgemeester, raadslid M.E Kgaile, wat agter geslote deure met die MK-lede vergader het.

"Dit is onseker of resolusies deur die raad wel geïmplementeer word. Die VF Plus vra reeds lank vir verslae en registers van die implementering van raadsbesluite. Dit word nie verskaf nie.

"Die VF Plus sal die speaker van die Matlosana-raad, R.W Ntosini, amptelik versoek om alles in sy vermoë te doen om te verseker dat raadsvergaderings nie weer so ontwrig word nie en sekuriteit by vergaderings opgeskerp word. 

"Noordwes bly die slagoffer van die ANC se binnegevegte. Indien vanoggend se gebeure ‘n tendens in rade word, sal demokrasie gyselaar gehou word en kan rade nie hul funksies verrig nie.

"Ontwrigting soos dié deur die MK is nie bevorderlik vir effektiewe plaaslike regering of gesonde demokrasie nie," sê Groenewald.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.