fbpx
Vryheidsfront Plus

Marknavorsing wys groeiende steun vir onafhanklike Wes-Kaap

Navorsing van die internasionale marknavorsingsmaatskappy Victory Reasearch wat vandag bekend gemaak is, toon ‘n duidelike toename in steun vir ‘n onafhanklike Wes-Kaap en dat die meeste Wes-Kapenaars nou ten gunste daarvan is.

Die VF Plus in die Wes-Kaap verwelkom die uitslag van dié meningspeiling. Dit toon dat die groei ter ondersteuning van ‘n referendum oor onafhanklikheid beduidend toegeneem met ‘n sterk 11.4% sedert ‘n soortgelyke vorige peiling wat in 2020 gedoen is.

Dit beteken voorts dat 58% van die inwoners in die Wes-Kaap nou ten gunste van ‘n referendum is.

Hierdie uitslag maak dit baie duidelik dat die aandrang om selfbeskikking en vryheid vir die Wes-Kaap ‘n al hoe sterker groeiende werklikheid word. Die VF Plus sal van sy kant alles in die stryd werp om op politieke gebied die leiding te neem om hierdie ideaal te verwesenlik.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.