fbpx
Vryheidsfront Plus

Mangaung-begroting nie wettig goedgekeur

Die VF Plus het die speaker van die Mangaung-metro (Bloemfontein, Dewetsdorp, Soutpan, Van Stadensrus, Wepener), Stefani Lockman-Naidoo, daarop gewys dat die 2022/23-begroting nie volgens grondwetlike vereistes aanvaar is nie.

Slegs 45 raadslede uit 101 het ten gunste van dié begroting gestem en dit is daarom nie grondwetlik goedgekeur nie.

Ingevolge Artikel 160(3)(b) van die Grondwet moet 'n meerderheid van raadslede 'n begroting goedkeur.

Die metroraad het nou ingevolge die Munisipale Finansiële Bestuurswet sewe dae om weer die begroting te oorweeg.

Indien die begroting nie voor die eerste dag van die nuwe finansiële jaar (1 Julie 2022) goedgekeur word nie, moet die raad deur die provinsiale regering ontbind word. Daar sal dan 'n herverkiesing van die raad moet plaasvind.

Die ANC dwing jaar na jaar saamgeflansde, onrealistiese begrotings af op inwoners van die metro.

Die VF Plus kan nie ‘n begroting steun wat belastingbetalers verder onder finansiële druk plaas nie. Die inwoners van Mangaung verdien beter as die ANC.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.