Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Lesufi se planne: oorvol skole in Gauteng kan lei tot nog ‘n Driehoek-tragedie

"Die VF Plus wil ‘n waarskuwing rig aan die Gautengse onderwysdepartement en onderwys-LUR, Panyaza Lesufi, dat planne om meer leerlinge in skole in te neem terwyl daar nie behoorlike oudits gedoen is van skole se infrastruktuur nie, kan lei tot nog ‘n Driehoek-tragedie of self erger," sê Anton Alberts, VF Plus-nasionale voorsitter en LPW. 

"Die VF Plus het deur vorige vrae aan die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, vasgestel dat daar nie behoorlike kontrole is met die inspeksie van skole se infrastruktuur nie en dat daar dus nie voldoende inligting beskikbaar is oor die veiligheid van skole nie.

"Dit plaas ‘n vraagteken oor die veiligheid van skoolgaande kinders. Die VF Plus sal verdere vrae in hierdie verband aan die provinsiale onderwysdepartement vra oor die aantal inspeksies wat tot nou toe gedoen is, wat die bevindings was en hoe opgetree is waar bevind is skole is onveilig.

 

"Die VF Plus se vermoede is dat hierdie inspeksies nie gereeld plaasvind nie. Die geskiedenis van inspeksies by die Hoërskool Driehoek het gewys dat inspeksies ongereeld en oppervlakkig gedoen word."

 

"Inspeksies word eerder misbruik om klasgroottes te bepaal sodat vasgestel kan word hoeveel bykomende leerlinge daar ingedruk kan word om skole te verengels. Dit is belangrik om daarop te let dat die taal by ‘n skool steeds bepaal word deur die beheerliggaam en nie deur die departement nie.

"Inspeksies is duidelik politiek-gedrewe en nie ingestel op die veiligheid van leerlinge nie. Die VF Plus sal deur vrae vasstel hoe veilig skole werklik is en sal toesien dat die grondwetlike vereistes oor die aantal leerling per klaskamer toegepas word.

"Die VF Plus sal die proses dryf om antwoorde te verkry oor die veiligheid van skole en sal toesien dat die regte riglyne oor leerdergetalle per klaskamer nagekom word," sê Alberts.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Riaan van Heerden

Kirkwood: Van groen tot vervalle

Kirkwood, ʼn eens florerende en verwelkomende dorp, word deesdae geteister met diensleweringsprobleme wat inwoners warm onder die kraag het. Dié dorp, Addo en Paterson in

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.