Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Lekota was lank sleutelfiguur in Suid-Afrikaanse politiek

Mnr. Mosiuoa Lekota, voormalige leier van Cope wat vandag oorlede is, was lank ’n sleutelfiguur in die Suid-Afrikaanse politiek.

As voorsitter van die ANC het hy die ontbinding van die NNP en dié party se samesmelting met die ANC bestuur – ’n ondenkbare ontwikkeling vir baie Afrikaners vir wie die NP dekades lank ‘n enigste politieke tuiste was.

Ná oud-president Thabo Mbeki se afdanking van mnr. Jacob Zuma as adjunkpresident, het Lekota verwagtinge gehad om dié pos te vul.

Dit het nie gebeur nie en nadat Zuma die ANC-presidentskap in 2007 in Polokwane oorgeneem het, is Cope in 2008 gestig, die eerste werklik betekenisvolle breuk in die ANC sedert 1994.

Cope het met ongekende entoesiasme en groei afgeskop en het 30 setels in 2009 verower. Die party het daarna deur interne konflik en struwelings agteruitgeboer tot byna totale uitwissing in 2024.

Mnr. Lekota het die potensiaal gehad om Suid-Afrika se koers wesenlik te verander. Sy goeie Afrikaans en gematigde standpunte het talle Afrikaners ’n tuiste by Cope laat vind, net om later ontnugter te raak.

Hy het ’n vol lewe geleef met die begeerte om ’n positiewe verskil in Suid-Afrika te maak, maar sy loopbaan het in teleurstelling geëindig.

Ek wil ook namens die VF Plus my opregte meegevoel betuig met die familie en geliefdes van mnr. Lekota wat ná ’n lang siekbed oorlede is.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.