Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Kersfees- en Nuwejaarsboodskap: 2019

Die feestyd van Kersfees en Nuwejaar laat ‘n mens onwillekeurig terugdink aan die jaar wat verby is.

Vir die Vryheidsfront Plus was dit ‘n besondere jaar van prestasie met die verkiesing van 8 Mei. Dit was ook harde werk en ‘n jaar, wat na my mening, ‘n keerpunt was vir ons party. Aan die kiesers sê ons baie dankie vir hul steun.

Elkeen van ons het sekerlik ook ons persoonlike uitdagings in die jaar gehad waarvan sommige suksesvol en ander minder suksesvol. Dit is nou tyd vir bestekopname.

Die politiek skep baie onsekerhede wat twyfel in die gemoedere van mense saai. Die kwessie van onteiening van jou eiendom sonder vergoeding is sentraal tot die onsekerheid vir die toekoms.

Die toenemende vraag is wat is ons toekoms, hoe veilig is ons, sal ons ekonomies oorleef en sal ek nog ‘n werk hê. Sommige is reeds werkloos en wonder of hulle ‘n werk gaan kry om vir hul gesin te kan sorg.

Die wonderlike oor hierdie onsekerhede is dat Kersfees daar is aan die vooraand van die einde van die jaar. Die Kersboodskap van God wat ons so lief het dat Hy Sy enigste Seun vir ons gestuur het, is om ons moed te gee en te laat weet by Hom is daar altyd hoop.

Daarom moet ons met nederigheid ons uitdagings op ons knieë voor ons Hemelse Vader lê, want dit gaan goed met die mens wat sy hoop op die Here vestig, sê die Bybel. Dit is ook die Vryheidsfront Plus se uitgangspunt.

Die jaar 2020 gaan nuwe uitdagings en geleenthede oplewer wat ons moet aangryp in Geloof en die hoop wat ons uit Kersfees put. Deur harde werk en ywer sal ons oorwin.

Geniet u vakansie saam met u gesin en geliefdes en mag u die ware boodskap van Kersfees ervaar en geniet. Mag die uitdagings van die nuwe jaar met nuwe hoop en moed aangepak word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.