Die Johannesburgse metroraad het vandeesweek 71 geboue en persele in die middestad beskikbaar gestel wat omskep gaan word in studentebehuising, klein besigheidspersele en bekostigbare behuisingseenhede. Sowat 4 000 studente en klein besighede gaan by dié projek baat.
Die VF Plus se Franco de Lange, wat onder voorsitter van die metro se Johannesburg-metro se ekonomiese-komitee is, sal ‘n oorsigrol in die reuse projek speel.
De Lange sê die stad is reeds besig om met finansiële instellings soos Absa Capital, Nedbank, Rand Merchantbank, en Standardbank te onderhandel om die ontwikkelingsprojek te ondersteun.
"Die voorgestelde konstruksie aan die geboue sal sowat 5 000 tydelike werksgeleenthede skep wat ‘n groot finansiële inspuiting vir die stad sal wees.
"Omdat Johannesburg nie in ‘n finansiële posisie is om dié reuse ontwikkeling op sy eie stoom aan te pak nie, is die ontwikkeling vir private ontwikkelaars oopgestel. Die tenderproses sal op 30 November 2018 sluit.
"Die dokumente is by die Johannesburg Property Company in Braampark, Johannesburg beskikbaar.
"Die Johannesburg-metro se ekonomiese-komitee, onder voorsitterskap van die VF Plus se raadslid, Franco de Lange, sal ‘n oorsigrol in die reuse projek speel.
"Hierdie is slegs een van vele voorbeelde hoe ‘n veelparty-regering kan saamwerk tot voordeel van sy inwoners en die ekonomie," sê De lange.