Die VF Plus het reeds etlike maande terug die Nelson Mandelabaai-metroraad (NMBM) gemaan dat daar gefokus moet word om sy faktuurstelsel en watermeters van inwoners en sakeondernemings waar hoë uitstaande bedrae betrokke is, na te gaan.
Swak finansiële bestuur en onbevoegde amptenare is grootliks verantwoordelik vir hierdie soort probleme en vir verliese wat die metro ly.
Die swak bestuur wat die metro in ‘n finansiële krisis laat beland het, kan nie meer toegelaat word nie, want dit het ‘n direkte invloed op kontantvloei wat algemene en volhoubare dienslewering in die metro in die gedrang bring.
Daar kan ook nie van inwoners verwag word om vir dienste te betaal wat hulle nie ontvang nie.
‘n Ligpunt in betalingstelsel is dat 'n nuwe faktureringstelsel ingestel word wat probleme sal identifiseer en oplos voordat dit in krisisse ontaard.
Die VF Plus dring nogtans daarop aan dat personeel wat die stelsel beheer, behoorlik opgelei en gemonitor word. Die beste stelsel sal niks beteken indien die amptenare in beheer onbevoeg is nie.
Die VF Plus vra dat huiseienaars en ondernemings maandeliks self hul lesings neem om dit te vergelyk met dié van die munisipaliteit en dit te rapporteer en te laat regstel indien daar verskille is.
Navrae: 072 582 3462