fbpx
Vryheidsfront Plus

Heilbron: ANC die vyand van die mense

"Skade weens betogings en onrus op Heilbron in die Vrystaat moet voor die deur van die ANC gelê word," sê Phillip van der Merwe, VF Plus-raadslid in Ngwathe (Parys, Heilbron, Vredefort en Koppies)

Van der Merwe sê skade aan munisipale geboue en privaat-eiendom kan nooit geregverdig word nie, maar die ANC bly die mense van Suid-Afrika se grootste vyand met sy gebrek aan dienslewering in die Ngwathe-plaaslike munisipaliteit 

Hy sê die ANC gaan in aanloop tot die verkiesing in 2019 dit toenemend moeilik vind om gerugte van korrupsie in die kiem te smoor.

Heilbron is die afgelope week in chaos gedompel weens die feit dat die ANC eenvoudig nie omgee vir plaaslike gemeenskappe nie.

"Die gevolg daarvan is ontevrede inwoners wat eiendom plunder uit woede vir die feit dat Heilbron-inwoners nie in poste in die munisipaliteit aangestel word nie. Die munisipaliteit stel glo net werkers van Parys aan.

"Die ANC se gebrek aan prioriteit om munisipaliteite reg te ruk, skep die indruk dat die regerende party nie wil hê munisipaliteite moet effektief funksioneer nie. Dit is ‘n gevaarlike benadering, want sentralisering van regering sal meer ongelykheid en spanning tussen gemeenskappe veroorsaak.  Die spanning is reeds sigbaar in Heilbron.

"Intussen is familielede van prominente ANC-figure, waaronder die party se sekretaris-generaal, Ace Magashule en die Vrystaatse premier, Sisi Ntombela, glo onregverdig bevoordeel in die toekenning van kontrakte van ‘n provinsiale kontrakteursontwikkelingsprogram," sê Wessels. 

Die VF Plus se LPW in die Vrystaat, Tammy Wessels, het in Julie vanjaar die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, versoek om die gerugte van tender-onreëlmatighede in die program te ondersoek.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.