fbpx
Vryheidsfront Plus

Haatspraak is die gevolg van aanranding op ‘n onderwyser in Emfuleni

Die VF Plus neem met skok en afgryse kennis van die aanranding van ‘n onderwyseres deur ‘n leerder van die Drie Riviere Hoërskool in Emfuleni (Vereeniging).

Die party eis gevolglik die onmiddellike skorsing van die leerder.

"Hierdie voorval dien as konkrete bewys dat die onverantwoordelike uitsprake van politici en die aanhitsing van rassehaat, geweld en verdeeldheid, uiters gevaarlike is en diep verdeeldheid onder leerders teweeg bring," sê Kobus Hoffman, VF Plus-onderleier in Gauteng en raadslid in Sedibeng-munisipaliteit

"In Suid Afrika, waar politieke leiers Afrikaners gereeld die skuld gee vir al hul mislukkings en tekortkominge, is een van die gevolge die verval van die onderwysstelsel waar feitlik geen of min dissipline gehandhaaf word.

"Die feit dat onderwysers se regte toenemend ingeperk en weggeneem word, plaas nie net onderwysers se lewens in gevaar nie, maar gee ook leerders ‘n vrye hand om ongedissiplineerd en oproerig in skole op te tree," sê Hoffman.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.